Niël Barnard was in sy merkwaardige loopbaan akademikus, spioenbaas, geheime diplomaat, vredemaker, onderhandelaar en deurgaans 'n bobaas-burokraat. In die 1980's was hy hoof van d...показать большеNiël Barnard was in sy merkwaardige loopbaan akademikus, spioenbaas, geheime diplomaat, vredemaker, onderhandelaar en deurgaans 'n bobaas-burokraat. In die 1980's was hy hoof van die nuwe Nasionale Intelligensiediens (NI) en 'n vertroueling van pres. PW Botha vir wie hy oorreed het om die gevangene Nelson Mandela te ontmoet. In die aanloop daartoe het Barnard vanaf 1988 uitgerekte geheime gesprekke met Mandela gevoer wat uitgeloop het op sy vrylating, die ontperking van die bevrydingsbewegings en die historiese staatkundige onderhandelinge. As direkteur-generaal van die Staatkundige Ontwikkelingsdiens vanaf 1992 het hy 'n sleutelrol in dié onderhandelinge én die oorgangsproses gespeel. Ná die formele oorgang van 1994 het hy nóg 'n reuse-uitdaging in staatsbestuur aanvaar: om as administratiewe hoof van die Wes-Kaap dié streek as die onbetwisbare wenprovinsie in die land te vestig. Ook daarin het hy uitmuntend geslaag.показать меньше