Nadia Beukes is ’n TV-aanbieder, aktrise, sangeres en stemkunstenaar met ’n honneursgraad in Bemarkingskommunikasie. Sy het al verskeie rolle op die verhoog, TV en silwerdoek verto...показать большеNadia Beukes is ’n TV-aanbieder, aktrise, sangeres en stemkunstenaar met ’n honneursgraad in Bemarkingskommunikasie. Sy het al verskeie rolle op die verhoog, TV en silwerdoek vertolk en het selfs al haar lyf radio-omroeper gehou. As anker-aanbieder van seisoen 7 en 8 van Boer soek ’n vrou op kykNET het sy behoorlik ons land platgereis. Ander aanbiedingswerk sluit in: Tuine&Tossels, kykNET-kontinuïteit, M-Net se Magic 2 the Max en talle korporatiewe produksies. Sy het ook al verskeie rolle vertolk in musiekteater-produksies, waaronder Ons vir jou, Ester, Houtkruis, Dirty Dancing, Tree aan en Liefling. Rolprente op haar kerfstok sluit in: Born to Win, Pretville, Die spook van Uniondale asook Mooirivier. Verder het Nadia ook al heelwat rolle op TV vertolk, onder andere in Hartland, Sterloper, 7de Laan en Binneland. Tans is sy te sien in Getroud met rugby op kykNET.показать меньше