Mariël le Roux is op 1 Oktober 1947 op die plaas Houmoed naby Worcester gebore. Sy matrikuleer in 1964 aan die Hoër Meisieskool Worcester. Dié ma van vier het haar loopbaan as dosent in Verpleegkun...показать большеMariël le Roux is op 1 Oktober 1947 op die plaas Houmoed naby Worcester gebore. Sy matrikuleer in 1964 aan die Hoër Meisieskool Worcester. Dié ma van vier het haar loopbaan as dosent in Verpleegkunde aan onder meer die Universiteite van Wes-Kaapland en Stellenbosch beoefen. Na haar aftrede skryf, lees en reis sy graag. Sy en haar man, Jean, woon in Durbanville. Wilhelmina – kampkind op Java, haar debuutroman, het by Protea verskyn en uitstekende reaksie by die publiek uitgelok. In 2009 wen haar roman Die naamlose tweede prys in die Sanlam-Tafelberg Romanwedstryd.показать меньше