Nadine Blom skop haar sangloopbaan in 2003 by die KKNK af, waar sy optree as deel van die vokale groep Cutt Glass. Daarna volg Supercool, ’n reeks CD's en DVD's gemik op die tween-...показать большеNadine Blom skop haar sangloopbaan in 2003 by die KKNK af, waar sy optree as deel van die vokale groep Cutt Glass. Daarna volg Supercool, ’n reeks CD's en DVD's gemik op die tween-kindermark. Haar mees onlangse CD-vrystelling, “Wiskunde is Supercool” is uitgereik in samewerking met CAMI Education. Nadine is tans ’n ingeskrewe nagraadse student aan die UJ en doen 'n Meestersgraad in Internasionale Reg. Sy toer ook steeds landswyd met Supercool en Die Jaloersbokkies, lg. in samewerking met Taliep Petersen se dogter, Jawaahier Petersen. Nadine is in Mei 2016 deur die Dagbreek Trust as Afrikaanse ambassadeur aangewys en haar projekte word deur die Dagbreek Trust onderskryf en ondersteun. Haar lewensfilosofie is: "Moenie uitstel nie, doen dit nou!" Sy is gek oor baklava en biltong en ma van die 14-jarige Adriaan, wat graag ’n meesterbrein-“hacker” wil wees om internasionale boewe vas te trek.показать меньше